Friday 24 August 2012

Winde van Positiewe Verandering in Sonop!

Die Latynse woorde Quo Vadis (waar gaan jy heen?) word heel dikwels in 'n krisisuur deur volksleiers of ander persone in prominente leiersrolle uitgespreek as die pad vorentoe vir hulle en hul volgelinge onseker of vol struikelblokke blyk te wees. Met die vraag word elkeen - Ieier en volgeling - opgeroep om diep na te dink oor die pad vorentoe. Wat is die einddoel waarna gemik word en watter optrede word in die lig daarvan verwag ?

Sonop... Quo Vadis?

Na die vorige uitgawe van die Bostelegraaf, oftewel Sonop nuusbrief, het daar 'n paar oud-Sonoppers reageer oor hulle eie ervarings en herinneringe aan Sonop tydens die tydperk wat hulle inwoners in die koshuis was.

Die klein debat op Facebook is afgeskop deur 'n 1986 eerstejaar en het reaksie uitgelok van 'n paar ander Oud-Sonoppers wat ongeveer in dieselfde tydperk as hy in die koshuis was.

My Onlangse Ervaring van Sonop 2007 - 2011

Sonop is 'n plek wat nie hou van verandering nie. Dit is egter redelik duidelik dat Sonop nie net alreeds deur verskeie fases gegaan het nie, maar dat Sonop ook voortdurend sal moet aanpas by die wereld daar buite, anders sal stagnering ons einde beteken. Ek was gelukkig genoeg om Sonop op verskillende maniere te beleef - en ek verwys nie bloot na die verskillende ervarings wat strek van eerstejaar tot seniorstudent nie. Soos baie daar buite weet, het heelwat verander in Sonop gedurende die laaste 3 jaar. Ek was gelukkig genoeg om die verandering te aanskou, en tot 'n mate deel te wees daarvan. Ek was teenwoordig in verskeie ongemaklike vergaderings - beide deur die Universiteit en die Sonopraad gereƫl. Ek was tussen die manne op die grond, en ek dink oor die algemeen het ek 'n redelike volledige prentjie van die situasie gehad. Een ding was seker - verandering was onvermydelik, en broodnodig vir die voortbestaan van die tehuis. Die manier van dinge doen in die jare kort voor 2010 was nie volhoubaar nie.

Sonop, Oppad Vorentoe...

Wat het van Sonop geword? Waar is Sonop op pad heen? Het Sonop nog 'n blink toekoms? Hierdie is alles vrae wat op menige oud-Sonopper se lippe hang.

Daar is kennis geneem van die "hewige" debat wat ontstaan het op die sosiale netwerk, Facebook. Ek het die debat met groot aandag gevolg alhoewel ek nie een van die debatvoerders persoonlik ken nie.

Hoewel ek die debatvoerders se standpunte en sieninge insien en respekteer, kan ek nie met alles saamstem wat hulle kwytraak nie.

Die Ideale Tuiste

Ek wil die woorde van Isaac Asimov op Sonop betrek: "It is change, continuing change, inevitable change, which is the dominant factor in society today. No sensible decision can be made any longer without taking into account not only the world as it is, but the world as it will be." Die geskiedenis van Sonop is in die voorafgaande skrywes reeds deeglik bespreek, daarom gaan ek nie poog om dit weer te agterhaal nie. Vir my, wat aan die begin van ‘n nuwe termyn staan, is dit belangriker om te vra: hoe Iyk die pad vorentoe?

Hoe kan ek 'n Bydrae tot die restourasie maak?

  • Debietorder
  • Elektroniese oorbetaling ("EFT")
  • Koop 'n baksteen, bou 'n toekoms
  • Eenmalige donasie
  • Borg 'n mansjoen.